“Goeiedag Mnr. Pfeifer,
Me. Annemarie Nel het my vandag besoek sodat ons kon gesels oor my pensioen wat deur jul groep bestuur word. Dit was 'n wonderlike geleentheid en gerusstellend om na die bekwame Me. Nel te luister. Ek het nuwe dinge by haar geleer en sy het my goeie raad gegee m.b.t. my pensioen en beplanning daarvan vir die toekoms. Die tyd en onkostes wat u aangegaan het om 'n verteenwoordiger van Benchmark na die kus te stuur, word opreg waardeer. Ek glo dit beteken vir ons almal baie dat ons belange ook vir julle belangrik is.
Baie dankie en Beste wense !
T d W.
Swakopmund.”